Christ Life Church Christ Life Church Logo Christ Life Church

Wat Gee Jou Tyd Jou?

Wat Gee Jou Tyd Jou?
October 25, 2026 Ps Ian Maree
tyd prioriteite koninkryk van God bekering Marta en Maria Sondagaand

Speaker

Ps Ian Maree

Date

October 25, 2026

Scripture

Efesiërs 5:16

Skrif uit hierdie boodskap

Efesiërs 5:16 Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in ‘n goddelose tyd.

Jakobus 5:16 Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.

Matteus 6:33 Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

Jakobus 1:22 Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself.

Jakobus 1:23 Iemand wat altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is soos een wat na sy gesig in ‘n spieël kyk:

Jakobus 1:24 hy bekyk homself, gaan van die spieël af weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het.

Jakobus 1:25 Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet wat ‘n mens vrymaak, en hom daaraan hou en nie vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen, hy sal gelukkig wees in wat hy doen.

Lukas 13:3 Nee, sê Ek vir julle, maar as julle julle nie bekeer nie, sal julle net soos hulle ook almal omkom!

Lukas 13:4 Of daardie agtien wat dood is toe die toring van Siloam op hulle ineengestort het, dink julle dat hulle skuldiger was as al die ander inwoners van Jerusalem?

Lukas 13:5 Nee, sê Ek vir julle, maar as julle julle nie bekeer nie, sal julle net soos hulle ook almal omkom.

Lukas 13:6 Daarna het Hy hierdie gelykenis vertel: ‘n Man het ‘n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was. Toe hy vrugte daaraan kom soek maar niks kry nie,

Lukas 13:7 sê hy vir die tuinier: ‘Kyk, dis nou drie jaar dat ek aan hierdie vyeboom vrugte kom soek, en ek kry niks nie. Kap hom uit! Waarom moet hy langer die grond uitput?’

Lukas 13:8 Maar die tuinier antwoord: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan. Ek sal die grond rondom hom omspit en bemes.

Lukas 13:9 Miskien sal hy dan volgende jaar vrugte dra. Maar so nie, kan u hom uitkap.

Lukas 21:24 Sommige sal deur die swaard val en ander as krygsgevangenes na al die nasies toe weggevoer word. Jerusalem sal deur die heidennasies vertrap word totdat ook hulle tyd verby is.

Eksodus 16:1 Nadat hulle Elim verlaat het, het die hele volk Israel in die Sinwoestyn aangekom wat tussen Elim en Sinai lê. Dit was op die vyftiende van die tweede maand nadat hulle uit Egipte getrek het.

Eksodus 16:2 In die woestyn het die hele volk hulle teenoor Moses en Aäron begin verset

Eksodus 16:3 en gesê: As ons maar liewer in Egipte omgekom het deur die hand van die Here terwyl ons by die vleispotte kon sit en oorgenoeg kos kon hê om te eet! Nou het julle ons laat wegtrek tot in hierdie woestyn om die hele volk van honger te laat omkom.

Matteus 6:21 Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.

Lukas 10:38 Op hulle reis het Jesus in ‘n dorp gekom waar ‘n vrou, Marta, Hom as gas ontvang het.

Lukas 10:39 Sy het ‘n suster gehad, Maria, wat aan die voete van die Here gaan sit en na sy woorde geluister het.

Lukas 10:40 Maar Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: “Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!”

Lukas 10:41 Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge,

Lukas 10:42 maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.”

Psalm 90:12 Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom.

Johannes 9:4 So lank as dit nog dag is, moet ons die werk doen van Hom wat My gestuur het; die nag kom, wanneer niemand kan werk nie.

Johannes 9:5 Terwyl Ek in die wêreld is, is Ek die lig vir die wêreld.”